Mangifera | |
---|---|
Veselperskes | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Anacardiaceae |
Subfamilie: | Anacardioideae |
Genus: | Mangifera L. |
Sinonieme | |
Phanrangia Tardieu[1] |
Mangifera is die botaniese naam van 'n genus van bome uit Asië. Die genus omvat ongeveer 69 spesies, waarvan die bekendste die veselperske (Mangifera indica) is. Die sentrum van diversiteit is in die subtropiese en tropiese suidoostelike dele van Asië. Die grootste aantal spesies kom in die Maleise skiereiland, Borneo en Sumatra voor. Hulle is oor die algemeen blaardak-bome in laagliggende reënwoude en bereik 'n hoogte van 30-40 meter.[2]